KULTUUR-HISTORIESE TOER:

25 -28 FEBRUARIE 2015

Ons het ons langpad na Dundee aangepak op 25 Februarie.  Die eerste plek waar ons aangedoen het was ELANDSHEIM.  Hier het die kinders die veld leer ken, gestap en ook meer oor die spesies wild wat daar voorkom geleer.

Die plaasdam was heerlik koel en die kinders het na die kleilat-gooiery in die dam baljaar.

Geskiedkundige wat besoek was:

BLOEDRIVIER terrein met sy laer ossewaens.

TALANA MUSEUM – waar die kinders opgedeel was en het hulle aan ‘n skynaanval deelgeneem.

27 Februarie

Ons tasse is weer gepak en die bussie is gelaai opad Majuba toe vir die Majuba-naweek.  Hier is die kinders vergewis van die slagting en het ons heerlike, warm Afrikaner-samehorigheid beleef.

 

Leierskamp en Veldskool

Die Gr. 6 en & leerlinge woon elke jaar ‘n leierskamp en veldskool by.  Daar word leierseienskappe geidentifiseer en ontwikkel en ook nuttige vaardighede aangeleer.

Hierdie jaar was geen uitsondering nie.  Aktiwiteite soos hindernisbane, skyfskiet, probleem oplossing, spoorsny en selfvedediging het gesorg dat elke leerling iets kan saamneem op sy / haar lewenspad vorentoe.

Konsert hou, sing om die kampvuur en stokbrood braai is net van die herinneringe wat die leerlinge nog lank sal koester.

Ons sien uit na volgende jaar se kamp.

 

 

 

Laerskool:

CVO MARMER ©