Foto's:
Akademie
Kultuur
Sport
Kliek op een van die onderstandende onderwerpe vir meer inligting
Akademie
Nuwe Graad 1 Klas 2015
CVO Marmer het hulle nuwe Graad 1 leerders verwelkom op Woensdag 14 Januarie. Van die leerders was baie opgewonde en reg vir die “groot skool” terwyl ander eerder nog ‘n bietjie vakansie wou hê. Hier is die Graad 1 klas saam met hulle onderwyseres Juffrou Hannemi Harmse.
Planetarium
<
>
Die Planetarium het CVO Marmer besoek vandag! Hierdie was defnitief 'n hoogtepunt op ons kalender! CVO Marmer leerlinge het vandag 'n besoek gehad van die rondreisende planetarium en het baie geleer van planete, sonnestelsels en sterrestelsels. Die leerlinge het dit baie geniet en baie interessant gevind!
Studiekursus
<
>
CVO Marmer se Graad 4-7 leerlinge het Dinsdag 27 Januarie 2015 deelgeneem aan die studiekursus “Studeer sonder sukkel” wat aangebied is deur die Instituut vir Christelike Onderwys. Die leerlinge het verskeie nuwe tegnieke van studeer aangeleer wat hulle in die toekoms gaan help met hulle skoolloopbaan. Saskia Meijer, die aanbieder, het die leerlinge geleer hoe om hulle skoolwerk en studies te beheer en hoe om hulle tyd effektief te bestuur deur gebruik te maak van studieroosters en memoriseringstegnieke. Die leerlinge het dit baie geniet om opsommings en breinkaarte te maak! Die leerlinge het dit baie geniet en wil ook dankie sê aan Marmer wat hierdie goue geleentheid vir hulle gebied het.
Top Presteerders
Na aanleiding van die tweede kwartaal se punte en halfjaar eksamen van 2015 is die volgende leerlinge van CVO Marmer aangewys as die top presteerders in elke graad. Ons wil baie geluk sê aan al hierdie leerlinge, hou aan so hard werk en ons is baie trots op julle!
Kultuur
Kultuur-Historiese toer
CVO Marmer het ‘n interessante kultuur-historiese toe meegemaak. Ons het bietjie gaan delf in ons geskiedenis en het so baie geleer! Ons eerste baken was die Bloedrivier Slagterrein waar ons met behulp van ‘n toergids weereens besef het hoe genadig God was teenoor ons as Blanke volk. Dit was hartroerend om in die laer van die monument waens te staan en die slag weer te beleef en ervaar. Ons kinders by CVO Marmer is wel bewus van ons Afrikaner Geskiedenis (Volksgeskiedenis) aangesien ons dit in die breë met ons kinders behandel, en steeds was dit so ‘n wonderlike ervaring. Verskeie slagvelde tussen Boer en Brit en tussen Boer en Swartstam is besoek en die kinders het selfs ‘n skynaanval voorgestel.
Ons hoogtepunt van ons toer was Majuba-naweek. Naby Volksrust het ons kamp opgeslaan in nat en koue weer. Hier by die berg Majuba het ons die Slag van Majuba gevier. Dit is hier waar die Boere ‘n magtige oorwinning behaal het teenoor Colley en sy manne. Die kinders het die vlaghysing, perde kommando en ossewaens vreeslik geniet. Van sweepslag tot volkspele was aangebied. As jy nog nie die berg Majuba uitgeklim het nie, was dit eerste op jou prioriteits lysie. Die mees merkwaardigste van die naweek was die rondgaande Ossewa en Voortrekker museum. Hier het die vroue en mans heel naweek tradisionele drag gedra en daar is seep en kerse gemaak, rieme is gebrei en op die vuur was heeldag lekker sterk “boeretroos”. Vir baie was dit die eerste besoek aan Majuba maar hulle het dit so geniet dat hulle definitief weer wil gaan. CVO Marmer bedank elkeen wat ‘n bydrae gemaak het om die toer so ‘n groot sukses te maak.
OTVL Streek Redenaars
<
>
Op 25 Julie 2015 het 11 van CVO Marmer se leerlinge aan die Oos-Transvaal streek redenaars gaan deelneem. Alhoewel dit ‘n koue dag was het ons redenaars almal se harte warm gepraat. CVO Marmer het nie net weggeloop met 3 goue medaljes, 2 silwer en 1 brons nie, maar Clara Barnard was ook die kategorie wenner vir die Graad 1-3 fase. CVO Marmer wil al hierdie leerlinge sterkte toewens wat op Vrydag 21 Augustus 2015 in Bloemfontein gaan praat.
Ouma en Oupa dag 2015
<
>
Marmer het Vrydag 19 Junie Ouma en Oupadag gevier! Die kinders het die Oumas en Oupas vermaak met oulike gediggies en sêgoed en toe lekker saam met hulle Oumas en Oupas gekuier by die tafels wat ons gasvrouens vir ons so mooi gedek het! Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het om hierdie dag so spesiaal te maak!
Redenaars Skool Rondte
<
>
Marmer neem deel aan Redenaars
Op Woensdag 27 Mei het 13 van CVO Marmer se leerlinge ‘n hond uit ‘n bos uit gepraat tydens hulle skoolredenaars rondte. Die twee ATKV beoordelaars was baie ingenome met CVO Marmer se hoë standaard. Onderwerpe het gewissel van Oupas wat Volkshelde is tot ouers wat uit die bus uitval as dit by “inwees” kom. Sterkte aan al die leerlinge wat aan die streekredenaars gaan deelneem op 25 Julie te Standerton.
Redenaars Streek
<
>
Sport
Bokkiespan
<
>
Marmer leerlinge in BCVO Bokkiespan
Saterdag, 9 Mei 2015 het Noord-Transvaal en Oos-Transvaal se 0/13 Rugby en Netbalspanne teeen mekaar gespeel om die eerste rondte keuring vir die Bokkiespan te slaag. Verdere Bokkie-proewe het Saterdag 23 Mei 2015 in Pretoria plaasgevind. Tydens die proewe het die Noordelike Provinsies teen die Suidelike Provinsies gespeel vir die finale Bokkie-proewe. Tydens hierdie proewe is Emil Bloemhof, Christelle Boshoff en Sonique Engelbrecht van CVO Marmer gekies vir die Bokkiespan. Hierdie span gaan gedurende die vakansie vanaf 6 Julie tot 10 Julie in Kroonstad deelneem. Van CVO Marmer se kant wil ons net baie geluk sê aan hierdie leerlinge. Mag julle die Bokkieweek geniet en net julle beste gee!
Interhuis
<
>
CVO Marmer hou Interhuis
CVO Marmer se atlete het Saterdag 24 Januarie 2015 saam met CVO Gromar interhuis gehou. CVO Marmer se atlete het hierdie seisoen baie goed afgeskop en spog met 20 eerste plekke, 28 tweede plekke en 24 derde plekke vir die dag. Baie geluk met julle goeie prestasies! Ons wil graag al ons ouers en personeel bedank wat gehelp het om die dag ‘n sukses te maak. Sterkte aan ons 46 atlete wat Saterdag 7 Februarie 2015 gaan deelneem aan die Noord-Streek byeenkoms te Marmer. Doen julle bes!
Noordstreek Atletiek
Noordstreek Atletiek
Op 7 Februarie 2015 het 46 van CVO Marmer se atlete die hitte trotseer en puik gevaar in die Noordstreek atletiek byeenkoms. Die byeenkoms het plaasgevind by CVO Marmer en CVO Gromar, CVO Lydenburg en CVO Waterval het deelgeneem. CVO Marmer spog met 17 eerste plekke, 23 tweede plekke en 9 derde plekke vir die dag. Estinè Britz en Christelle Boshoff het elk ‘n rekord gebreek en Willem Kruger is aangewys as die junior victor ludorum vir die dag. Marmer is baie trots op julle! Ons wens graag ons 27 atlete sterkte toe wat Saterdag 21 Februarie gaan deelneem aan die Oos-Transvaal atletiek byeenkoms te CVO Gromar.
OTVL Atletiek
<
>
Marmer blink uit op Oos-Transvaal atletiek!
Op 21 Februarie 2015 het 27 van CVO Marmer se atlete deelgeneem aan die Oos-Transvaal atletiek byeenkoms. Die byeenkoms was aangebied deur CVO Marmer op CVO Gromar se sportvelde. Ons atlete het hule beste gegee met die oog daarop om te kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Landswye atletiekbyeenkoms. CVO Marmer spog met 14 goue, 14 silwer en 16 brons medaljes vir die dag! Baie geluk ook aan Estinè Britz wat aangewys is as die Victrix Ludorum vir die ouderdomsgroep o/10 – o/13 vir die dag! Graag wil CVO Marmer gebruik maak van die geleentheid om elke ouer en onderwyseres te badank vir hul hulp om die byeenkoms ‘n sukses te maak. Ons is trots om te sê 21 atlete kwalifiseer om op 20-21 Maart aan die Suid-Afrikaanse Landswye byeenkoms deel te neem te Sasolburg. Sterkte aan al ons atlete en hou ons naam hoog!
OTVL Krieketspan
<
>
Leerlinge van CVO Marmer wat gekies is vir die Noord-Transvaal krieket span.
Winterspele 2015
<
>
Marmer wil net graag baie geluk sê aan al die spanne wat so goed gespeel het tydens die Winterspele! Julle het julle harte uitgespeel en ons naam hoog gehou! Ons is baie trots op elke leerling wat deelgeneem het en sy/haar beste gegee het!
CVO MARMER ©